Site Builder







  



Stefan Botha

Welkom by my Webwerf!

Op die webwerf sal u sien wat my belangstelling en my stokperdjies is. Vir die jonkste nuus, kliek op "Wat is nuut?"


Digitale Video Fotografie

'n Paar jaar terug het die mens foto's geneem met gewone kameras, wat werk met 'n film wat gewissel moes word om die eindproduksie van die foto's te kon kry. Die kameras word nogsteeds vollop gebruik, maar soos die tegnologie ontwikkel het, en nogsteeds besig is om elke dag verder en verder te ontwikkel, het die Digitale Kamera die plek van die gewone film kamera se plek ingeneem. Digitale kameras maak dit makliker om mooi foto's te neem en werk natuurlik goedkoper uit as die kamera wat met die gewone film werk. Die digitale kamera se beeldkwaliteit het ook so verbeter, dat dit dieselfde beeldkwaliteit van 'n gewone foto het. Deesdae word die Digitale Video Kamera ook vollop gebruik wat digitale foto's kan neem, maar sowel asook pragtige videomateriaal. Bekende digitale vidoe kameras word meestel deur Panasonic, Sony en Cannon uit gegee. Die kamera kan met 'n rekenaar gekoppel word, die beeldmateriaal kan van die digitale kamera af gelaai word op die rekenaar, verwerk word met klanke, musiek ens, en dan weer terug op jou kamera gelaai word. Programme om die kort videos op jou rekenaar te maak, kan gekoop word by bekende rekenaarwinkels. Om jou program "in die mark te hou", kan opgraderings van die internet gedoen word. Vir verdere inligting, skakel my gerus!

Digitale Fotografie

'n Digitale kamera se beeldkwaliteit is baie beter as 'n Digitale Video kamera omdat die digitale video kamera gemaak is vir videos, en die digitale kamera gemaak is om foto's te neem. Om met 'n digitale kamera te werk, is taamlik eenvoudig. Daar is net 'n paar reels wat jy self moet toepas om 'n mooi foto te neem, soos bv:
(Die reels geld ook by gewone SLR kameras.)

1- Gebruik jou flash teen alle tye as jy foto van mense neem. Maak nie saak of daar genoeg lig is, of donker is en selfs of dit buite in die die son is nie. 'n Mens kry net 'n beter foto.

2- Moet nooit mans laat sit en dames laat staan as jy 'n foto neem nie, maar laat die dames eerders sit en die mans staan. Dis net goeie maniere!

3- As jy 'n persoon met 'n bril afneem, moet nooit laat die persoon reg in die kamera kyk nie. As hy/sy nie sy/haar bril wil afhaal nie, laat die persoon eerders effens skuins na 'n ander rigting kyk.

4- As jy 'n voertuig of enige iets met glas afneem, sit jou flash af om 'n beter foto te neem. As jy dit nie doen nie, is daar miskien 'n moontlkheid dat jou flash se lig terug weerkaats, in jou kamera se lens.)

5- Om rooi oŽ op 'n foto te voorkom, moet jy nie jou flash gebruik nie, of probeer om 'n kamera te gebruik wat se flash 'n endjie van die lens is. Dit sal die weerkaatsing van die flash se lig in die persoon se oŽ voorkom. (Andersins is daar ook rekenaar programme wat rooi oŽ van 'n foto kan vrewyder.)

Daar is baie sulke reels wat nagekom moet word om 'n mooi foto te neem. Vir meer reels, kan u my gerus skakel. (sien kontakbesonderhede op "Contact Page."

SLR Kameras

Om 'n SLR kamera te gebruik, is daar baie reels wat nagekom moet word (soos gesien hier bo.) Maar, daar is ook uitsonderlike reels wat by 'n SLR kamera is, wat nie by 'n Digitale kamera is nie, wat die digitale kamera meer gewild maak. Kom ons kyk na nog 'n paar reels.
(Die reels geld slegs by SLR kameras.)

1-Die regte ASA film moet gebruik word, afhangende waarvoor die foto gebruik word en waar die foto geneem word.
-100 ASA - Baie lig nodig om 'n foto te neem, maar het uitstekende beeldkwaliteit

-200 ASA - Min of meer dieselfde finksie as die 100 ASA. Neem goeie foto's in beweging en bewolkte toestande.

-400 ASA - Neem goeie foto in aand soos met by sportgeleenthede wat in die aand plaasvind.

-800 ASA - Kan soms foto's in donker toestande neem, sonder 'n flash, maar die beeldkwaliteit neem af as die foto te groot vergroot word.

2- Jy moet jou agtergrond van jou foto reg kies. Moenie jou agtergrond te besig kies nie sodat jou voorwerp goed uitstaan, en goed sigbaar is.

3- As jy 'n persoon tussen 'n klomp ander mense wil afneem, laat die ander mense weg kyk, en die persoon wat jy wil afneem, na die kamera kyk.
Daar is nog baie meer reels waarna gekyk moet word om mooi foto's te neem. Vir meer inligting, kontak my gerus.

Kliek hier om my 'n Epos te stuur vir meer inligting, besonderhede of navrae!



Copyright 2002, Stefan Botha